– Anna Basson Eiendomme. Bo: Huis van die week Foto: Voorsien

Die bekende argitek, Rick Stander, het hierdie droomhuis ontwerp met ‘n moderne, oop vloerplan wat ‘n vriendelike atmosfeer van eenvoud en elegansie skep.

Kontemporêre afwerkings en klassieke stylkeuses van soliede, gerookte eikehoutvloere, drie meter hoë plafonne en sagte beligting vul mekaar aan om ‘n gevoel van rustigheid te gee. Duursame afwerkings is deurgaans gebruik om ‘n luukse, ontspanne leefstyl te verseker, onder andere deurlopende temperatuur- regulering in elke vertrek, ‘n ruimte vir wynstoring, ‘n digitale musieksisteem en ‘n moderne kombuis, toegerus met Siemens-toebehore en ‘n SMEG-gekombineerde elektriese-/gasstoof. Daar is ook ‘n gaskaggel en houtstofie vir die koue Kaapse wintersaande. VOX hoë-spoed-internet en ‘n DSTV-skottel is beskikbaar.

Die twee ruim leefvertrekke en die oopplankombuis leef uit na ‘n onderdak-patio en tuin wat ‘n lieflike onthaalarea skep om te geniet saam met jou gesin of vriende. ’n Oop trap lei na drie ruim, en-suite-slaapkamers met groot deure wat oopswaai op balkonne met uitsig en wat snags die sterrehemel inlaat. Alle badkamers is luuks ingerig, die badkamer van die hoofslaapkamer is toegerus met ondervloerse verhitting en ‘n spa-bad. Alle vensters in die huis het wit Amerikaanse houtblindings.

Die dubbelmotorhuis het elektriese deure en daar is twee ekstra parkerings vir besoekers. Die tuin is ‘n groen lushof rondom die huis wat baie voëls lok en het ‘n besproeiingstelsel.

Hierdie pragtige woning is met goeie vakmanskap gebou en is sagkens geleef en gevolglik in ’n puik toestand. Dit bied vir ’n belegger ’n veilige belegging met ’n potensiële huurinkomste van tussen R45 000 – R50 000 per maand. Andersins, bied dit aan ’n koper ’n ontspanne leefstyl op ’n gesogte landgoed, ’n tuiste met ‘n verskeidenheid van leefstylfasiliteite en maksimum sekuriteit.

Die ligging in die hart van die Stellenbosch-wynlande is perfek en bied mooi berguitsigte en golwende wingerdlandskappe. Geleë naby ‘n gevestigde infrastruktuur van skole, die Stellenbosch MediClinic, inkopiesentrums, wynplase, uitgestrekte strande en slegs 30 minute per motor vanaf Kaapstad internasionale lughawe.

Vir meer inligting besoek die webwerf van Anna Basson Eiendomme by www.annabasson.co.za. Indien u droom om ’n nuwe begin te maak, kontak die agent by 0825790560. Anna Basson Eiendomme werk aanlyn en is deurgaans beskikbaar vir ons kliënte.