– Danie Keet. Bo: Delheim se gewilde snuffelsoektogte na sampioene word vanjaar anders aangebied.

Snuffel in die woude van Delheim, ervaar die buiteluggevoel en help soek na die lekker sampioene wat al die afgelope dekade jaarliks op Delheim versamel word. Alles in die gerief van jou eie huis.

Om hierdie mylpaal te midde van die Covid-inperking te vier, word die tiende herdenking van die landgoed se sampioen-soektogte anders aangepak met ‘n hele aantal nuwighede.

Delheim se gewilde soektogte na fantastiese fungi is tradisioneel elke jaar vol bespreek. Vanjaar is dit innoverend aangepas met die vrystelling van ’n uitsonderlike kulinêre vreugde: die wilde sampioenervaring-in-’n-boks. Die bokse, gevul met die smake en teksture wat die gees van die geleentheid vasvang, sal van 8 Junie van die wynkelder se aanlyn-winkel beskikbaar wees, solank voorraad hou.

Delheim het die baie gewilde konsep van sampioen-snuffeltogte meer as ‘n dekade gelede in die land begin en het sedertdien beslis die bewustheid vir Moeder Natuur se ontwykende heerlikhede in Suid-Afrika gevestig.

“In daardie jare was mense glad nie so vertroud met sampioen-snuffeltogte soos vandag nie,” sê Delheim se Nora Thiel. Sy het ’n paar mense gewys hoe dit gedoen word en die idee vir georganiseerde snuffeltogte is gebore.

'n Hand vol sampioene van Delheim.

‘n Hand vol sampioene van Delheim.

Nora Thiel in die fynbosreservaat op Delheim.

Nora Thiel in die fynbosreservaat op Delheim.

“Dit het drie jaar geneem voor ons genoeg mense bymekaar kon kry soos die belangstelling begin toeneem het,” onthou sy.

So wat kry jy alles in die Delheim se wilde sampioenervaring-in-’n-boks?

  • Elke boks bevat die boek, Field Guide to Mushrooms & Other Fungi of South Africa deur Gary Goldman en Marieka Gryzenhout. Gary het vir etlike jare die snuffeltogte saam met Nora Thiel by Delheim aangebied
  • ’n Bottel Delheim Chenin Blanc Wild Ferment 2019 (nou onder kurk); Sauvignon Blanc 2019 en Cabernet Sauvignon 2016;
  • Gedroogde porcini sampioene, parmesaankaas en risotto-rys, plus ekstras om jou gereg die nodige flair te gee, en
  • ’n Resep-kaart om jou te help om jou sampioen-risotto te vervolmaak.

Hierdie eksklusiewe aanbod kos R1 200 per boks en sluit gratis aflewering in Suid-Afrika in. Jy kan ook die boks sonder die boek bestel teen slegs R720 (aflewering uitgesluit). Die wyn-trio in die boks is die perfekte manier om die eko-ervaring af te rond. Hulle is die toonbeeld van die plaas se praktyk om in harmonie met die natuur te boer.

Die Delheim Chenin Blanc Wild Ferment was Roelof Lotriet se eerste oes as wynmaker by Delheim. Hy het al met van Suid-Afrika se oudste chenin blanc-wingerde gewerk en gou die potensiaal op Delheim besef. Dit is belangrik dat die wyn die storie vertel deur die sap stadig en spontaan in die vate te laat gis. “Ouer blokke is soos om na jou pa of oupa se stories om die kampvuur te luister,” sê hy. “Hulle het regtig meer om te sê en het soveel lae.”

Die Delheim Cabernet Sauvignon is terug in die portefeulje, danksy ’n herplantingsprogram én ’n uitsonderlike 2016-oes.

Talle heerlike resepte om sampioene op die beste wyse voor te berei, word aangebied.

Talle heerlike resepte om sampioene op die beste wyse voor te berei, word aangebied.

Wat die Sauvignon Blanc betref, maak sy uitstaande kwaliteit en uitdrukking dit perfek om ‘n glasie of twee om die kospotte te geniet, alhoewel dit ook gepas is as ‘n top-bestanddeel vir die risotto.

Delheim is ’n WWF-SA Bewaringskampioen en word as bedryfsleier gereken, weens sy toewyding tot bewaring, verantwoordelike gebruikspraktyke en geïntegreerde omgewing bestuurstelsels. Dit is ook ’n stigterlid van die Groter Simonsberg Bewarea onder Cape Nature se bewaringsprogram en neem deur volhoubare praktyke aktief deel aan bewaring en beskerming.

Van sy inisiatiewe sluit onder meer ’n bio-natuurlike waterbestuursaanleg wat alle kelder-afvalwater op die plaas herwin, die bewaring van ’n groot gedeelte bergfynbos en die bevordering van bio-diversiteit. Die Kaapse luiperd besoek Delheim gereeld en het toekomstige bewaring op die Simonsberg inspireer.

Delheim Landgoed is op die Knorhoekpad, in die Simonsberg sub-streek van die Stellenbosch Wynroetes, geleë.