– Bo: Die Hugenote-monument in Franschhoek waar die Bastille-fees aangebied word.

Net ingeval die nuus jou nog nie bereik het nie, hier’s wat jy gemis het. Franschhoek se jaarlikse en gewilde Bastille-fees vind steeds plaas, maar pleks van in die gewone formaat, sal die fees vanjaar na jou kom!

In ’n eerste van sy soort vir Franschhoek het die organiseerders die deelnemers aan die fees gevra om die vallei se talle juwele op ’n unieke, nuwe manier aan te bied. Die virtuele reis deur hierdie bekende Bolandse dorp skop op 1 Julie af wanneer daar begin word om die kollig te laat val op die streek se vele aanbiedings. Elke dag tot en met 10 Julie sal “besoekers” die kans kry om iets nuut te ervaar.

 

Die Bastille-fees fokus op die Franse karakter van Franchhoek.

Die Bastille-fees fokus op die Franse karakter van Franchhoek.

Vat-rol is een van die tradisionele pret-aktiwiteite by die Bastille-fees.

Vat-rol is een van die tradisionele pret-aktiwiteite by die Bastille-fees.

Ervaar en geniet Franschhoek soos ’n plaaslike inwoner. Soek vir sampioene, ry perd tussen die wingerde, ’n sabrage-vertoning met sonopkoms, kuns en wynproe is maar net ’n paar van die hoogtepunte tydens vanjaar se virtuele fees.

Moet ook nie die dae misloop wat die Bastille-fees vooraf gaan nie aangesien daar ongelooflike aanbiedings sal wees wat daagliks bekend gemaak sal word. Dit sluit in wyn, etes, akkommodasie en kleinhandelaanbiedings wat net tydens die feesperiode sal geld.

Die Bastille-fees bereik sy hoogtepunt op Saterdag, 11 Julie, wat ook die dag van die “fisiese” fees sou wees. ’n Vol program van aktiwiteite word beplan om Franschhoek se Franse erfenis te vier. Gaan loer regdeur die dag op die sosiale media-platforms vir ’n opwindende lys aktiwiteite wat alles insluit wat dié dorp so spesiaal maak – koffie, sabrage, skemerkelkies, puik kos en wyn, en lewende musiek. En moenie vergeet om in rooi, wit en blou geklee te wees vir een van Suid-Afrika se gewildste en oudste feeste nie.

Gesellige saamkuier, geklee in blou en rooi, is tipies by die Bastille-fees.

Gesellige saamkuier, geklee in blou en rooi, is tipies by die Bastille-fees.