– Stellenbosch Hills. Bo: Die Polkadraai-boks.

Stellenbosch Hills gaan nou die grendeltyd-my-tyd na ’n heel nuwe vlak neem. Die wynkelder wat wynpasmaats destyds pret gemaak het deur uit die boks te dink, het nou die hele konsep herbedink en met hul innoverende aanslag al die panache weer terug in die boks gesit – sodat dit tuis geniet kan word.

‘n Mens hoef nie meer te wag vir die bekroonde Stellenbosch Hills biltong en wyn, en springmielie en Polkadraai pasmaat-proeë nie. Dis so maklik soos e-pos-en-oplaai om hierdie gewilde wyn-en-peusel pasmaats op jou eie werf te geniet. En nog beter: koop sommer een vir jou buurman ook!

Die bokse is ideaal vir knibbel-en-teug op koue wintersdae of met Skype- en Zoom-kuiers met jou vriende en familie.

Stellenbosch Hills se biltongparing.

Stellenbosch Hills se biltongparing.

Polkadraai se wyne en springmielies.

Polkadraai se wyne en springmielies.

Die biltong en wynboks het al die gunstelinge. Daar is ’n gemengde boks wyn met Polkadraai Pinotage/Merlot, 1707 Reserve White, 1707 Reserve Red, Stellenbosch Hills Shiraz, Stellenbosch Hills Cabernet Sauvignon en Stellenbosch Hills Merlot.

Die boks word gepak vir twee mense en sluit ook ses variasies in afsonderlik gepakte sakkies biltong en droëwors in. Daar is springbok-, koedoe-, sappige bees- en gerookte biltong; en bees- en volstruis droëwors.

As jy ekstra biltong en droëwors vir nog vrinne in jou proe-partytjie wil insluit, is ’n addisionele ses porsies teen slegs R50/persoon ekstra, ook beskikbaar. Die boks sluit proenotas in en kos net R600.

Die springmielie- en Polkadraaiboks sluit vier wyne van die prettige Polkadraai-reeks in: die Sauvignon Blanc Brut, Chenin Blanc/ Sauvignon Blanc, Rosé en Pinotage/ Merlot.

 Die springmielies is beskikbaar in vier geure wat deur die talentvolle Guzzle & Wolf Gourmet Popcorn-maatskappy ontwikkel is en is elkeen verpak vir ’n duo peusel-ervaring. Daar is kokosneut en chia-saadjies, gesoute caramel, kaneel en pretzel en donker sjokolade.

Ook hiermee word proenotas verskaf. Teen slegs R300 vir die hele boks, is dit ’n ware winskopie. Kry ekstra springmielies vir net R40/persoon.

Neem asseblief kennis dat bokse net beskikbaar is vir self oplaai by die kelder se proelokaal op die hoek van die R310 en Vlottenburgpad, van Maandag tot Donderdag tussen 09:00 en 17:00.