– Die Libertaskoor onder leiding van Johan de Villiers.

Die bekroonde Libertaskoor sal op Saterdag 11 Julie ’n lewendige virtuele uitvoering lewer wat gehoorlede die geleentheid bied om die 60-minute vertoning in die gerief van hul huise te geniet.

Dit is die eerste van drie geleenthede wat in samewerking met Visit Stellenbosch as Stellenbosch on Stage – ’n inisiatief vir eenheid en solidariteit – aangebied word. Alle opbrengste is ten bate van Stellenbosch Unite, ’n samewerkingsinisiatief wat ondersteuning aan kwesbare gemeenskappe tydens die COVID-19 pandemie bied.

“Stellenbosch Unite is ’n bewys van wat bereik kan word wanneer ’n dorp saamstaan om mede-burgers te ondersteun,” sê Jeanneret Momberg, Visit Stellenbosch se algemene bestuurder.

Johan de Villiers staan steeds aan die spits van die suksevolle Libertaskoor.

Johan de Villiers staan steeds aan die spits van die suksevolle Libertaskoor.

Die Libertaskoor is bekend vir sy opgewekte musiek en baie opwindende aanbiedings.

Die Libertaskoor is bekend vir sy opgewekte musiek en baie opwindende aanbiedings.

“Covid-19 se gevolge gaan nog lank deel van ons lewens wees, maar dit is duidelik dat die Stellenbosch-gemeenskap gereed is om mekaar nou – en ná die pandemie – by te staan.”

Suid-Afrikaanse kaartjiehouers kan benewens die konsertkaartjies, Stellenbosch verder ondersteun. ’n Trots Stellenbosch ses-bottelwynboks is uitgesoek en kan voor die vertoning bestel word as ’n byvoeging tot elke konsertkaartjie.

Hoekom maak jy nie sommer die opkomende geleenthede van uitmuntende koor- en klassieke musiek, waarlik iets om te onthou, deur ’n wegneem-ete van een van die dorp se fynproewer-restaurante te bestel nie?

Die Libertaskoor, onder leiding van Johan de Villiers, sal met hierdie konsert Stellenbosch se warm hart laat klop. Die seremoniemeester, Gillian Arendse, sal die vertoning van opgewekte ikoniese Suid-Afrikaanse liedjies en talentvolle solo-uitvoerings, aanbied.

Kaartjies vir die konsert is slegs R100 en nou beskikbaar via Computicket, met die opsie om die Trots Stellenbosch-wynboks by jou transaksie te voeg. Wanneer die kaartjies uitgereik is, sal kykers besonderhede ontvang hoe om toegang tot Computicket se video-op-aanvraag-platform te verkry, waar die vertoning uitgesaai sal word en vir sewe dae gekyk kan word.

Die spesiale bokse Trots Stellenbosch-wyne is in drie opsies beskikbaar: eksklusief witwyn teen R670/boks, eksklusief rooi teen R770/boks en gemengde bokse teen R720/elk. Bokse word gepak met ’n nie-spesifieke samestelling, van ’n wye reeks van die streek se top-produsente. ’n Klein geskenkie word ingesluit, ter ondersteuning van ’n plaaslike onderneming.

Wyn-aflewering in Stellenbosch is by die prys ingesluit en kos R50 vir bestellings van elders.

Wat jy moet weet:
Wat: Stellenbosch on Stage: Libertaskoor virtuele konsert
Wanneer: Saterdag, 11 Julie om 19:00
Koste: R100 deur Computicket

As deel van sy deelname aan Stellenbosch on Stage, sal die Libertaskoor die herinneringe van die lewendige universiteitsdorp wat bekend is vir sy ryk geskiedenis, wyn- en koskultuur en inspirerende ervaringe wat alle verwagtinge oortref, oproep.

Die twee konserte wat gou ná die Libertaskoor se uitvoering gehou sal word, sal deur Visit Stellenbosch op onder meer sy sosiale mediaplatforms bekend gemaak word. Kry al die nuus hier by StellenboschNuus.com.