– Danie Keet. Bo: Janeke van der Walt (gr 10) is terug in die klas en opgewonde om weer by Bloemhof te wees. Foto: Stephan Meyer.

Die HMS Bloemhof se graad 11-leerders het Maandag 6 Julie teruggekeer skool toe nadat hulle in Maart vanjaar laas in die klaskamer was.

Die graad 10’s is Dinsdag verwelkom. Gr 12-leerders het elke dag van die week ’n kontaksessie met opvoeders, terwyl graad 10’s en 11’s drie keer per week fisies klas sal hê.

“Die terugkeer van hierdie leerders het baie glad verloop, deels omdat die skool se protokol in plek is, maar ook omdat die leerders en ouers ’n baie positiewe gesindheid het en by die nuwe normaal inkoop,” sê Leon Piron, lid van die skool se Covid-19-veiligheidskomitee.

Na verwagting sal die gr. 8’s en gr. 9’s in die week van 3 tot 7 Augustus terugkeer, maar slegs twee dae per week kontaktyd met opvoeders hê. Wanneer alle leerders terug is, sal drie grade gelyktydig by die skool wees om die nodige sosiale afstand in die klaskamers te kan bewerkstellig.