– Hilton Biscombe.

Om ons skole nou oop te maak, wat natuurlik ‘n vrye keuse is, kom met ‘n groot koste veral nou met statistieke wat oorweldigend en ontnugterend jou in die maag skiet, en veral as jy skoolgaande kinders het. Nou praat ek nie van geld nie, maar die kosbare lewens van the up and becoming, volwaardige burgers van ons land.

Adapt or die sal die uitroep van diegene wat onvoorbereid onverskillig is, wees. Hoe pas jy eintlik aan by iets wat onsigbaar is?

Dit remind my aan die dag toe die minister en haar span met ‘n gulhartige gejubel die uitslae van die vorige matrikulante ontvang het. Die gejubel word nou eintlik ‘n gil as die gemeenskappe protes aanteken as die handjieklap opvoedingsdepartement volhou met sy swak voetwerk om die rugby skrum te wen.

My, oh my… dit hou nie veel van die idee om ons ons kinders op te offer soos ‘n Abraham van ouds, mes in die hand, ‘n waagstuk om die (wan-?) orde te behou.

Nee, ek is nie ‘n doemprofeet nie. Natuurlik bly die grendel van skole ‘n seer storie as ons kinders ly, veral die agtergeblywendes wat nog altyd aan die kortste end trek… die rykes, natuurlik ook, maar hulle het altyd alternatiewe wat nie eintlik ‘n gat in hul broeksakke sal brand nie.

 ‘n Mens speel nie met ‘n dodelike kiem nie. Weerbaarheid sal net sterk kan loop as jy die wysheid met insig volg. Dit vra ‘n fyn balans van ‘n lugloper met ‘n fyn draad oor ‘n diepe, woelige, bruisende waterval soos Niagra, wat nie oorgesteek kan word as jy nie geoefend of goed ingelig is en nie onvoorbereid soos die raasbek-politicians nie. Onthou u nog die een groot krokkedil uit die apartheidsjare? Hy was so gebek dat hy alles in die afgrond met sy wysvinger bestuur het.

Dadelik ja, natuurlik nou gaan jy dit vergelyk met die huidige regering wat maar net so vrot is. Die lakeie toe the line en operate maar binne die raamwerk van hul partye. Zuma, ek verkies nou net om die naam te noem om u hot onder die collar te kry.

Die Covid-skool moet omgekeer word en dit kan net gebeur as ons aan ‘n ou probleem ‘n nuwe konteks gee. Dit vra moed, want skielik vra dit, net soos Daniël in die leeukuil, ‘n betreding wat jou blootstel aan allerhande gevare.

Dit vra die durf van daai eerste stappie op die maan? Wat van prof Chris Barnard se eerste hartoorplanting? Hierdie manne, en inderdaad ook vroue, het groot moed aan die dag gelê om ons spesie vorentoe te neem.

Opvoeding moet dit nou begin doen. Maar opvoeding beteken nie noodwendig skool nie. Dit moet verder as dit strek as ons die die paal wil haal of the new normal wil akkommodeer.

Miskien is dit nie nou die tyd om so filosofies met hierdie probleem om te gaan nie. Miskien moet die probleem buite die boks benader word en miskien is ‘n vuishou of twee nodig om diegene wat aan die slaap is nugter te kry.

Yes, violence does not solve anything, maar u weet seker wat ek bedoel.

In my skoolhou jare was ek altyd bewus dat daar êrens groot fout is as ek sien hoe ons kinders sneuwel, they were bored stiff, met ‘n leerplan wat hulle kniehalter om hul volle potensiaal te bereik.

Die huidige regering was regtig slow on the uptake en het altyd die budget voorgehou as die grootste probleem in die pad van volkome vryheid en het maar op hul skoppelmaai heen en weer geswaai asof hulle jong knaters is wat dit op ‘n chopblok sit om getjop wil word.

Nou nog, na soveel jare aan bewind, sukkel hulle nog om die infrastrukture by skole reg te kry.
Links en regs het hulle aan die onderwyskorps begin sny wat groter klasgetalle teweeg gebring het en sommer so, oornag, die onderwysers sonder voorbereiding  die veld in te stuur wat gemengde kultuurgroepe moes bedien.

Hoe onderrig jy in Afrikaans of Engels, as onderwyser, as die groot meerderheid in jou klas anderstalig is? Dis duidelik dat ons ‘n nuwe skoolstelsel moet kry. Is dit nou die tyd? Ja, en nogmaals ja!

Om dit te kan doen is die interne samestelling en herstrukturering van die onderwys departement   broodnodig. Daar is te veel base wat g’n hond haar kan afmaak van die onderwys-problematiek van die dag nie.

Ons sal ons kinders leergierig of nuuskierig moet kry. Tans is dit maar dull, met hier en daar ligpuntjies wie se koppe maar net kan weergee wat die handboek sê. So gaan ons nie die nuwe wêreld van die Covid kan beheer nie. Die denkwyse van almal sal ‘n ander rigting moet kry om ‘n onderhoubare wêreld te skep…

My grootste uitdaging was om kinders te onderrig wat uit die Oos-Kaap kom en wat regtig verdien het om in Xhosa onderrig te word. Ons het respek vir ons kinders verloor and we are using them as fodder for an unworkable system.

Ons kinders sien dit en weet dit. They are equipped with their lie-detecters or for that matter, crap-detecters! Here, ek het gevoel soos ‘n fake!

Wat het dit dan alles met die Covid te doen, is ‘n vraag wat onwillekeurig opduik. Hier mag jy sê dat ek ‘n dromer is, gesien in die lig van hierdie kiem. ‘n Wysheid wat van een van ons voorste denkers kom, stel dit so: “You never change things by fighting the existing reality. We need to build a new model that makes the existing model obsolete.”

Dit bring my dus by my eie voetsool-wysheid wat die volgende vraag vra. Hoe kan jy tien olifante in ‘n mini-karretjie laai?

The answer is hiding in plain sight, maar ons sien dit nie sommer gou raak nie, want ons brein is opgeset of ge-wire met ‘n tropmentaliteit van onmag wat van geslag tot geslag loop deur eeue heen en wat van ons almal victims maak.

En nou doen ons dit ook aan ons kinders en lei hulle nie na bemagtiging nie. Die idee van onmag is gedoen aan ons voorouers en hulle se ouers en hulle se ouers tot in die donker eeue, loop dit soos jakkalse in moerse wingerde rond wat orals vuur stig of miskien sal die Bybelse storie van ‘n volk wat in die woestyn rond dwaal, op soek na die land van melk en heuning en dit nie kon vind in ‘n wilde en onbergsame woestyn en wildernis wat dan juis hierdie punt wil tuisbring.

Wie’t gesê dat die Bybel nie relevant is vir vandag se probleme nie? Ons is tans in ‘n wildernis en soek ‘n heenkome van ‘n nuwe land met nuwe denkers.

Om u terug te bring by die olifant storie hierbo genoem, is die antwoord ooglopend, alhoewel dit actually absurd is: Jy maak die deure oop om die voor die handliggende antwoorde te kry.

Gemeet aan die data beskikbaar is die regte ding om alle skole tydelik te sluit totdat daar konsensus oor hierdie kwessie is. Dis een antwoord. Daar is andere, maar ons moet nou ons eie kreatiwiteit na vore bring.

As jy daai breinselle aanwend sal jy nog ‘n antwoord kry wat sê dat dit opblaas-olifante is en dat dit in een kleine boksie op die agtersitplek pas en nog ruimte laat vir ouma se breigoed en pa se honne.

Dit illustreer goed wat jy met jou innovasie-verbeelding kan doen. My preference is to listen to John Lennon’s “Imagine”, that opens up new worlds, if we dare to go there!

Imagine, tien lewendige olifante met lang slurpe wat blerrie bang is vir ‘n muis of tien olifante wat die hele jaard vol pis van vrees, en nie bewus is van hul eie reusagtige krag wat onvrugbare bome kan uittrek nie.

Nee, dis nie grappe nie, we need to do something about this education system and not to make our children “another brick in the wall” nie. Ek sal u aanraai om weer te luister na hierdie lied van Pink Floyd want wragtig dit is goed. Wat ek hier probeer sê, vat die lied vas. Let wel dit ontmoedig nie skoolgaan nie, maar wel die sisteem waarbinne dit funksioneer.

Vervang daai prentjie in die video van die skoolhoof met Trump of daai ou van Brazil. They are f**k**ng up!

Nee, ek het het nie die antwoorde soos die stelsel tans bedryf word nie, maar ek hoop wel dat  hierdie skrywe u wel sal stimuleer om u eie antwoorde te kry. Glo my, die antwoorde is wel daar, as ons net ontslae wil raak van hierdie mentaliteit wat sê dat almal maar net moet vasbyt. Maar vir hoe lank nog met Angie, wat tot dusver taamlik windverwaaid voorkom en deel uitmaak van die seep-brigade wat net bubbles uitblaas om ons gerus te stel en weier om daai grey matter te gebruik. O, amper vergeet ek, sy is ook maar net ‘n victim van die huidige stelsel, maar dis geen verskoning.

How absurd!  And on and on we go, as ek sing, “all around the bessie boem and I am your master”, ‘n kleuterlied uit my kinderjare.