– Danie Keet. Bo: Paul Roos Gimnasium. Foto: Facebook.

Alhoewel die Covid-19-pandemie aktiwiteite by skole feitlik tot stilstand gedwing het, is daar tog nog leerders wat presteer.

Podiumpret is ‘n landswye kompetisie waar leerders se redeneervermoë en leesvaardigheid getoets word. Die eerste rondte vind virtueel plaas in al die provinsies en die e-finaal vind plaas op 11 en 12 September.

Jo van Rooyen (gr.9) en Nicolas Rust (gr.12) verteenwoordig Paul Roos Gimnasium vanjaar in die onvoorbereide redenaarskategorie, terwyl Willem Visagie (gr.9) en Pellatt Smith (gr.10) in die voorbereide redenaarskategorie meeding. Van Rooyen neem ook deel in die onvoorbereide leeskategorie.

Van Rooyen het 87% behaal en Rust 84.5%.  Albei leerders is deur na die finale ronde van hierdie landswye kompetisie. Van Rooyen se onderwerp was: “Kinders moet van jongs af geleer word om keuses te maak. Rust se onderwerp was: “Of jy presteer of nie, is in jou eie hande.”

Op die krieketfront het Dewald Grove puik presteer en is hy as Momentum se o.15-speler van die toernooi by die SA amateur krieket-toekennings aangewys.

Vyf rugbyspelers van paul Roos het ook pas gehoor dat hulle kontrakte by groot rugby-instansies gekry het. Andreas Wild, Armand Maritz, Corne Weilbach, en Luke Burger gaan hulle by die Maties aansluit en Nizaar Nazier gaan na die Blou Bulle.