– NB-Uitgewers.

Daar is nuwe boeke beskikbaar vir sowel jong mense as enigiemand wat belangstel in die Anglo-Boereoorlog.

Bitterbosbende 1: Die Geheim van die nuwe hoof – Anzil Kulsen en Stephen Wallace
Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in gr. 5 in Laerskool Bitterbos en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos ‘n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in.

Daar’s ‘n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir ‘n sonkragoondjie TE goed werk en hulle ‘n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied met verrassende gevolge…

Die boek is beskikbaar teen R140.

Bitterbosbende 2: Die been in die bos – Anzil Kulsen en Stephen Wallace

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin ‘n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van ‘n trein wat kwaai rem aanslaan en dan ‘n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is… ‘n been?

Die boek is beskikbaar teen R140.

 Hier is ‘n video waar die ma-en-seun duo praat oor hul boekreeks. Die volgende boek word in September gepubliseer.

Die eerste boek in die Bitterbosbende reeks, Die Geheim van die nuwe hoof.

Die eerste boek in die Bitterbosbende reeks, Die Geheim van die nuwe hoof.

Die opvolg, Die been in die bos, van die Bitterbosbende reeks.

Die opvolg, Die been in die bos, van die Bitterbosbende reeks.

Maggie: My lewe in die kamp – Maggie Jooste
Margaretha (Maggie) Jooste was net 13 jaar oud toe die Anglo-Boereoorlog uitbreek en haar lewe ingrypend verander.

Ná maande in huisarres op Heidelberg in die Transvaal, word sy, haar ma en jonger broers en susters in ’n veetrok gelaai en na ’n konsentrasiekamp in Natal gestuur. In die kamp ervaar hulle honger, onsekerheid en verlies, maar ook soms – op ’n verrassende wyse – die goedhartigheid van Britse soldate.
Hierdie baie persoonlike vertelling, in haar eie woorde, is ’n verhaal van swaarkry en erge ontbering, maar ook van medemenslikheid en vriendskappe oor vyandsgrense heen.

Daar is die merkwaardige band tussen die Joostes en die Engelssprekende Russell-gesin wat lank voor die oorlog bure en vriende was. Terwyl die Britse soldate en Boerekommando’s oorlog voer, voorsien die Russells in die geheim kos aan die Joostes om hulle te help oorleef, en ondersteun hulle die gesin ook ná die oorlog.

Maggie is ’n aangrypende, maar ook hartverskeurende ware verhaal.

Die boek is beskikbaar teen R290.