– Bo: Die veiling word vanjaar weens die Covid-19-pandemie vir die eerste keer aanlyn aangebied.

Die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde-veiling sal vanjaar sy wynjuwele vir die eerste keer aanlyn onder die hamer bring. Daar wag vanjaar ook iets nuut op die kaarte met ‘n tweede veiling wat die groot dag vooruit sal loop.

Wynentoesiaste en versamelaars sal die geleentheid hê om op die huidige versameling veilingwyne te bie, maar vanjaar ook die ongewone geleentheid kry om ouer wyne uit die lede se private vinoteke te bekom.

Die bogenoemde veilings sal apart geskied en albei word deur die internasionaal bekende veilingshuis, Bonhams, aangebied.

Die veiling word deur Bonhams hanteer.

Die veiling word deur Bonhams hanteer.

Jacques Borman van Boschkloof skink een van sy wyne by verlede jaar se veiling.

Jacques Borman van Boschkloof skink een van sy wyne by verlede jaar se veiling.

Die CWG-vinoteekveiling sluit klein versamelings van gesogte veilingwyne in wat in die verlede opgeveil is. Hierdie rare wyne is onder die ideale toestande in verskeie gildelede se private kelders verouder. Alle opbrengste van hierdie veiling sal in ‘n trust geplaas word om wynmakers wat swaar verliese tydens die Covid-19 pandemie beleef het, finansieel by te staan om hul personeel te kan betaal. Biërs sal twee weke tyd gegun word om op die Bonhams-webwerf te bie vanaf Vrydag 18 September 2020 tot en met 16:00 op Saterdag 3 Oktober 2020, Londen-tyd.

Die amptelike 2020 CWG-veiling word op Saterdag 3 Oktober lewendig, aanlyn vanaf 12:00 Londen-tyd aangebied. Die wyne op aanbod sluit die huidige jaar se wyne in en soos wat die veiling vorder, sal biërs die geleentheid hê om alles aandagtig op skerms reg rondom die wêreld dop te hou. Biërs sal aanlyn na die veiling kan kyk en direk kan bie, of aanlyn via die Bonhams-webblad, of telefonies, of deur gevolmagtigde of kommissie-botte vooraf by Bonhams te plaas.

Ondanks buitengewone omstandighede wat vanjaar die groep genoop het om sake aanlyn te neem, glo Andrea Mullineux, die voorsitter van die Gilde, dit het nuwe, innoverende idees aangespoor.
“Ons staar groot uitdagings in die gesig, maar as leiers in die wynbedryf was dit belangrik vir die Gilde om ‘n pragmatiese en positiewe benadering te volg wat ons in staat sou stel om steeds ons gemeenskap, lede en kopers te ondersteun.”

Registrasies vir beide veilings open op Vrydag 14 Augustus 2020 op Bonhams se webwerf (www.bonhams.com).

Volgens die globale wyndirekteur, die wynmeester Richard Harvey, is Bonhams verheug om die CWG-veiling vir die tweede jaar aan te bied. “Covid-19 het die ekonomie ‘n groot knou toegedien en die wynbedryf het baie seergekry. Ons voel geëerd om ook by hierdie baie spesiale CWG-vinoteekveiling betrokke te wees wat fondse vir behoeftige kelders en die mense wat daar werk, beskikbaar sal stel.”

Die veiling word vanjaar weens die Covid-19-pandemie vir die eerste keer aanlyn aangebied.

Die veiling word vanjaar weens die Covid-19-pandemie vir die eerste keer aanlyn aangebied.

Die Kaapse wynmakersgilde hou hom by die streng inperkingsmaatreëls soos bepaal deur pres. Cyril Ramaphosa en ter wille van almal se gesondheid, is alle sosiale aktiwiteite tot verdere kennisname opgeskort. Alle publieke byeenkomste is ook vir 2020 gekanselleer. Die CWG sien uit om in 2021 met sy publieke byeenkomste voort te gaan.

Die Kaapse Wynmakersgilde is in 1982 tot stand gebring as ‘n vereniging wat die beste wynmakers in Suid-Afrika verteenwoordig. Sy 42 wynmakerslede word wedersyds erken vir hul vakmanskap en volhoue, uitmuntende prestasies. ‘n Wynmaker kan slegs per uitnodiging by die Gilde aansluit. Om vir hierdie eer oorweeg te word, moet ‘n wynmaker vir minstens vyf jaar in ‘n ry uitstekende wyne lewer. ‘n Voornemende lid moet bedryfstandaarde konsekwent oorskry en die waardes van die Gilde uitleef. Elke lid word daaraan toevertrou om wyne eksklusief vir die die jaarlikse Nedbank Kaapse Wynmakersgilde-veilig aan te bied.