Bo: Die Cape of Good Hope Riebeeksrivier Syrah 2015 met ‘n biefstuk.

Met erfenismaand net om die draai, nooi Anthonij Rupert-wyne alle Suid-Afrikaners om een van die land se mees geliefde tydverdrywe na ’n nuwe vlak te neem.

Wanneer familie en vriende vanjaar bymekaar kom en heerlike samesyn vier, word hulle uitgenooi om die landgoed se Cape of Good Hope Riebeeksrivier Syrah 2015 saam met biefstuk van die kole af te geniet en ’n gastronomiese fees te skep.

Of daardie gunsteling-biefstuk van die kole af kom of uit die kombuis, dis alom bekend dat rooivleisdisse ’n eersteklasmaat vind in volronde rooiwyne. Die “huwelik” tussen die perfekte biefstuk en syrah is egter iets wat die mond laat water net by die gedagte daaraan.

Die Cape of Good Hope Riebeeksrivier Syrah se wortels is diep gevestig in die skaliegrond teen die hange van die Kasteelberg in die Swartland en die wingerde trek voordeel uit die tipiese Rhône-agtige terroir wat hierdie kultivar soos ’n handskoen pas. Koel bergwinde wat daartoe bydra dat die druiwe hul optimale rypheid in die Swartland-son bereik, verseker ’n elegante wyn met heerlike suur. Nadat die druiwe gepluk is, het hulle in Nico Velo-vate van beton gegis. Dit het ’n buitegewoon fluweelagtige wyn tot gevolg met geure van pruime en speserye, en ’n ligte peperagtigheid teen die einde. 

Hierdie wyn se volle vrugteprofiel word ’n heerlike kontras met die effe bitter dog ryk “gebrande” geure van die vlamgebraaide biefstuk.

Die Cape of Good Hope Riebeeksrivier Syrah 2015, perfek vir met 'n biefstuk.

Die Cape of Good Hope Riebeeksrivier Syrah 2015, perfek vir met ‘n biefstuk.

Sy helder suur “sny” deur die geurige vetterigheid van die biefstuk.

Die Cape of Good Hope-wynreeks word gemaak van druiwe uit van die oudste wingerde in die land en bestaan uit terroir-spesifieke wyne wat die 365-jarige geskiedenis van die Suid-Afrikaanse wynbedryf vier. Die eerste oesjaar is in 2011 bekend gestel en dit het gelei tot die stigting van die Old Vines Initiative wat deur Johann Rupert van stapel gestuur is. Hierdie inisiatief word beskou as ’n baie waardevolle bydrae tot die beskerming van Suid-Afrika se wynbou-erfenis en weerspieël die Rupert-familie se groot bydraes tot bewaring op ander gebiede, soos byvoorbeeld ikoniese kuns en argitektuur.

Die Cape of Good Hope Riebeeksrivier Syrah 2015 is op die landgoed self of aanlyn beskikbaar teen slegs R150 per bottel, asook by uitgesoekte handelaars landwyd. Vir meer inligting oor hierdie wyn, besoek www.capeofgoodhopewines.com.