– Bo: Van Love World Production se dansers.

Suraya Dadoo

Nomcebo Zikode erken dat sy geestelik in ‘n donker plek was toe sy met die lirieke vorendag gekom het vir haar en Master KG se se internasionale treffer, Jerusalema. Die 32-jarige sanger met talle treffers agter haar naam, sê Master KG het so drie of vier keer die ritme van die musiek gespeel toe die woorde ‘Jerusalema, ikhaya lami’ [Jerusalem is my huis] by haar opgekom het.

Zikode sê dat sy in daardie stadium van haar lewe begeer het dat God haar na haar persoonlike Jerusalem moes neem. ‘n Plek waar sy die vrede en gemoedsrus kon vind waarna sy so desperaat gesmag het. Ondanks die feit dat Zikode nog nooit Jerusalem besoek het nie, het haar woorde en Master KG se aansteeklike ritme onlangs in die strate van die heilige stad weerklink. Dit het terselftertyd ook wêreldwyd mense gaande gehad en die verbeelding aangegryp.

Die Jerusalem musiekkollektief, JAW (wat in Arabies “atmosfeer” of “gemoedstoestand” beteken), het in die middel van Augustus die Palestynse weergawe van die #JerusalemaDanceChallenge vrygestel. Die video wat net drie minute lank is, is verfilm in die Babal-Majlies-woonbuurt in Oos-Jerusalem. Die dansgroep is ‘n klein Afro-Palestynse gemeenskap wat geskiedkundige bande het met lande soos Nigerië, Tsjaad, Senegal en Soedan. Plaaslike dansers het hulle eie weergawe van die Jerusalema-dans geskep en verweef met elemente van die dabkeh – die tradisionele Palestynse dans.

Jerusalema se ritme en aansteelike dans-roetine het die aandag getrek met miljoene mense wat hulle eie weergawe van die dans verfilm en op Twitter, Instagram en TikTok geplaas het. Selfs die sokker superstêr Christiano Ronaldo is betower deur Jerusalema.
Maar dit was Zikode se isiZulu-lirieke wat Palestyne ontroer het. Zikode se lirieke is in wese ‘n pleidooi tot God wat smeek vir beskerming en vra vir leiding, veiligheid en geluk. JAW-woordvoerder Samer Hussam Abu-Esheh sê dit is asof die lied deur ‘n Palestyn geskryf is. Die jong Palestynse musikant sê dat dit Zikode se gebruik van eenvoudige woorde is wat Palestyne ontroer het. Dit beskryf die pynlike verlange van duisende Palestyne om na hul huise, gesinne en vrede in Jerusalem terug te keer. “Jerusalema ikhaya lami,” sê Abu-Esheh stadig en doelbewus in isiZulu met sy sterk Arabiese-aksent oor die telefoon.

Abu-Esheh sê hoewel Jerusalema dikwels as ‘n wêreldlied beskryf word, is die openingsreëls van die lied baie persoonlik vir Palestyne wat van hulle eie grond onteien is. Zikode sê dat sy wou hê dat God haar na haar eie Jerusalem moes neem – ‘n plek waar sy die innerlike vrede kon vind waarna sy so gesmag het. Zikode het miskien nie na Jersulame gereis nie, maar haar woorde en Master KG se aansteeklike ritme het onlangs in die strate van die heilige stad weerklink, aangesien Jersualema steeds die wêreld se verbeelding aangryp.

Zikode is in ekstase dat haar woorde so sterk aanklank vind by Palestyne. “Ek verstaan hoekom hulle so diep deur die lied geraak word, inagenome dat dit die Palestyne se daaglikse werklikheid is. Hulle verstaan die spesifieke boodskap wat ek met die lied wil oordra.”

Die Palestynse video het ook geëindig met ‘n kragtige boodskap wat die dieper en soortgelyke bande tussen die Palestynse en Suid-Afrika jongmense aanraak: “Van Jerusalem na Suid-Afrika met liefde. Hierdie dans wat uitgevoer word deur die jeug van Jerusalem en word opgedra aan ons vriende in Suid-Afrika. Soos die leiers in wie se voetspore ons volg, laat ons verenig met hernieude energie na gesamentlike bevryding. Van Palestina na Suid-Afrika: “Amandla Awethu, die toekoms is vir ons.”

Hierdie boodskap het die aandag getrek van Sosha Khumalo van die Durbanse dansgroep Love World Production. Khumalo se jong span dansers – geklee in die tradisionele Palestynese Keffiyeh om hulle arms, die Zoeloe-isicoco-kopring en die amabeshu-middellyfbedekking – dans tradisionele Zoeloe-umshato-danspassies verweef met die Jerusalema dans.

Die kort video is in Clermont in Durban op die dak van die berugte KK Hostel opgeneem. Dit is die grootste hostel vir manlike trekarbeiders in die Suidelike Halfrond. Die apartheidsregime het die koshuisstelsel as ‘n instrument gebruik om trekarbeiders te beheer en te verdruk.

“Ons het hierdie plek gekies omdat dit ons herinner aan ons verlede, wat so ooreenstem met dit wat die Palestyne nou beleef,” verduidelik Khumalo. “Vandag is hierdie plek ‘n teken van hoop. As ons die lyding wat ons deurgemaak het kon oorkom, dan kan die Palestyne ook bevry word.”

Abu-Esheh se grootste begeerte is dat Nomcebo en Master KG die besette stad kan besoek sodra dit veilig is om te reis en wil ook graag met die duo saamwerk. Jerusalem het ook ‘n spesiale plek in Zikode se hart en geloof en sy hoop om eendag die heilige stad te besoek. “Insha Allah,” (as dit God se wil is) spreek sy haar hoop uit.

Hierdie artikel is oorspronklik in City Press gepubliseer.