Bo: Nichola Viviers. Foto: Stephan Meyer.

Nita de Jager, Zara van der Westhuizen en Nichola Viviers, drie leerders van die Hoër Meisieskool Bloemhof, is vanjaar onder die top 20 deelnemers in die ATKV-tienertoneelkompetisie.

Weens die imperkingsregulasies kon hierdie gewilde toneelkompetisie, waarin Bloemhof jaarliks baie goed prestreer, nie op die tradisionele wyse voortgaan nie.

Deelnemers is uitgedaag om hul liefde vir toneel te bevorder deur nuutgeskrewe monoloë binne ’n voorgeskrewe tema-wolk (huis, isolasie, ingeperk, staties, alleen) in te skryf en dit dan voor ’n kamera te vertolk.

Nita se monoloog is getiteld “Lockdown is ’n droom”, terwyl Zara “Ek is alleen” geskryf het. Die titel van Nichola se stuk is “Bonuspunt/(Miss)ogyny”.

Volgens die ATKV het 223 deelnemers regoor Suid-Afrika ingeskryf met die top 10 wat op 16 Oktober aangewys word. Die finaal sal in November plaasvind.

  – Hoër Meisieskool Bloemhof