Bo: Die Bonheur-bystandswoonstelle net buite Stellenbosch.

Bonheur, die eksklusiewe bystandwoonstelle vir ouer-as-65-jariges binne die la Clémence-aftreeoord net buite Stellenbosch, vier vanjaar sy tiende bestaansjaar.

Terwyl dit ‘n groot mylpaal vir die sentrum is, is die belangrikste prestasie egter dat geen Covid-19-gevalle sedert Maart vanjaar tydens die grendeltyd aangeteken is nie, sê Verna Kempen van die Bonheur Trust.

“Alle tersaaklike protokol-regulasies is gedurende hierdie tydperk streng en met groot sorg toegepas. Sodanige protokolle sal in ooreenstemming met nasionale regulasies steeds gehandhaaf word. Buiten dit, is inwoners se behoeftes ten alle tye voorop gestel, terwyl daar daagliks met hul familie geskakel is.”

“Geestesgesondheid en gemoedsrus van inwoners is byna net so belangrik as die toepas van Covid19-protokolle,” sê Kempen.

Terugvoer van familielede bevestig Bonheur se onderneming t.o.v. totale gemoedsrus vir geliefdes: “Thanks for keeping us in the loop about the daily joys at Bonheur. It’s heartwarming to see all the smiling faces, especially at these tough times. We feel so reassured, so thank you again for all you do,” laat weet ‘n familielid vanuit San Francisko.

Die twintig goed toegeruste en luukse bystandwoonstelle van verskillende groottes is in ‘n vierkant met binnetuine en dakvensters vir genoegsame lig ontwerp. Die hart van Bonheur bestaan uit binne-landskapering met ‘n sit- en eetkamer vir die samekoms van die inwoners en sosiale aktiwiteite.

Al die geriewe van die la Clémence-aftreeoord is ook tot die beskikking van Bonheur-inwoners.
Die maandelikse heffing omsluit onder andere alle etes, sosiale funksies, wasgoed- en skoonmaakdienste en gespesifiseerde kliniese dienste.

Die klem is daagliks op lewensverryking en onverbeterlike sorg. Vele bykomende dienste is beskikbaar wat wissel van ‘n haarsalon, naelversorging, kerk-en biblioteekdienste en vele meer.

‘n Volledige versorgingspakket onder beheer van gekwalifiseerde verpleegpersoneel en ‘n kundige welstand-koördineerder word aangebied. Mediese dokters besoek die fasiliteit op aanvraag.

Die eenhede is ingevolge die lewensregbeginsel beskikbaar. Kontak Verna Kempen by 084 900 1778, 021 888 9494 of verna@laclemence.co.za vir meer inligting.

– Gerhard Cloete, Mediavision