Bo: Middelvlei bied ‘n verskeidenheid van burgers. Foto: Alfred Thorpe.

Die somer is hier en dis weer tyd om die warmer weer te vier met heerlike wyn, smaaklike kos en gesellige samesyn. Vir al drie “bestanddele”, kies koers na Middelvlei Wines aan die buitewyke van Stellenbosch vir hul gewilde Burgers and Beats-aande. Die eerste twee van hierdie genotvolle samekomste is 18:00 weer op 30 Oktober.

Hierdie is nie net ’n ideale byeenkoms vir vriende nie, maar ook vir gesinne aangesien die kleingoed die kans kry om ’n egte plaaservaring te geniet terwyl pa en ma ontspan en die pragtige uitsigte inneem met ’n glas of twee van Middelvlei se puik wyn.

Die aand se genot sluit ’n smaaklike potbroodburger en skyfies in terwyl gaste met lewende musiek vermaak word. Die koste van die aand is R200 per persoon vir volwassenes en R100 per kind. Kinders sal ’n kleiner burger en tjips geniet.  Lae koolhidraat- en vegetariese opsies is ook beskikbaar.

Middelvlei se burgers is legendaries. Foto: Alfred Thorpe.

Middelvlei se burgers is legendaries. Foto: Alfred Thorpe.

Tuisgemaakte kos, puik wyn en heerlike samesyn beloof om die Burgers and Beats-aande onvergeetlik te maak.

Bespreking is noodsaaklik aangesien sitplek beperk is. Vir enige navrae, skakel 021 883 2565 of stuur ’n e-pos aan info@middelvlei.co.za, of bespreek direk by https://middelvleiwinetrust.activitar.com

– Middelvlei