Town History

Hennie Bal en ander spoke uit Die Vlakte

Laat my dus toe om aan u ‘n paar karakters voor te stel, wat ewe braaf langs die kantlyn hul ding gedoen het. So stroomop, from the outside looking in. Ons kan maklik skryf oor onderwysers en skoolhoofde en predikante en al daai snare, maar wat van die gewone ou wat jy in die hel geplaas het om aan die linkerkant van die duiwel te sit as hy nie conform en perform het soos die gemeenskap dit wil hê nie. Hulle verdien ‘n plek in die erfenis-anale, al laat dit ons effens ongemaklik voel.

Read More

Ou Landbousaal herleef

Een van die vergete, en amper verlate, historiese geboue in Stellenbosch is skielik herontdek en het selfs in hierdie moeilike tye weer lewe gekry. Wat meer is, die beloftes om betrokke te wees by die herontwikkeling van toerisme na Stellenbosch is ‘n wesenlike mootlikheid.

Read More

Oom Samie se Winkel – nog altyd dieselfde

Die buitengewone omstandighede wat ons lewens deesdae dikteer, het ‘n ou gebruik laat herlewe – die tuisaflewering van kruideniersware, negosieware, selfs voorbereide voedsel! Min mense is egter bewus daarvan dat dit ‘n gebruik is wat kort ná 1904 reeds in Stellenbosch begin is. In daardie jaar koop Samuel Johannes Volsteedt ‘n winkel in Dorpstraat vir eenduisend pond, en word die eerste winkeleienaar in Stellenbosch wat goedere vervoer na klante se huise. ’n Driewielfiets moes hierdie taak verrig.

Read More

Dorpstraat – slagaar van Stellenbosch

Dorpstraat was egter die vernaamste toegang tot en van Stellenbosch se historiese kern en het ‘n belangrike rol gespeel in die dorp se ekonomiese, historiese en argitektoniese ontwikkeling.Van die Kaapse kant het die verkeer oor die Steenebrug — ja, daar was ook ‘n Plankenbrug— ingekom, en van onder op beweeg tot by die noordelike vloei van die Eersterivier wat die eiland rondom die Drostdy gevorm het.

Read More

Five Bob en Boetebessie eie aan Stellenbosch

’n Gebore Stellenbosser wat na Israel geëmigreer het, het op ’n besoek aan Stellenbosch, ten tye van ’n Paul Roos-reünie, gesê: “Israel is die ‘Beloofde land’, maar Stellenbosch is die paradys.”
Oor die jare heen is daar net één slang in hierdie paradys: die verkeers- en parkeerprobleem. Die aantal briewe en menings wat oor die jare heen oor hierdie onderwerp in plaasliek media verskyn het, is bykans ontelbaar. Stellenbossers se irritasie met die verkeer en alles wat daarmee gepaard gaan, kom van baie ver af.

Read More

Die vroeë jare van Stellenbosch

Oor die natuurskoon van Stellenbosch is daar mos nie twyfel nie. Met sy fynbos en sy proteas, met oliene en hardepeer en wilde perske en rooi els in die rivierloop, met Stellenboschberg en Botmaskop en Simonsberg wat oor ons troon, kan daar nie vir beter gevra word nie.
Stel jou dus voor hoe beïndruk Simon van der Stel moes wees die oggend van 8 November 1679 toe hy wakker word op “een klein eilantje rontsom met versch water omstroom” en hoe gemotiveerd hy was om meer landbougrond vir die VOC te ontwikkel.

Read More
Loading

Stellenbosch

Advertensie – Advertisement

Weer - Weather

2020-09-23, 8:29 AM
Sunny
Sunny
12°C
real feel: 10°C
wind speed: 4 m/s SW
Forecast 2020-09-23
day
Sunny
Sunny
22°C
wind speed: 4 m/s S
Forecast 2020-09-24
day
Partly sunny
Partly sunny
21°C
wind speed: 3 m/s S
Forecast 2020-09-25
day
Rain
Rain
16°C
wind speed: 6 m/s NW
 

Other News

WordPress RSS Feed Retriever by thememason.com