Tag: Dorpsgeskiedenis

Wie was ‘Ida’ van Idasvallei nou eintlik?

September is Erfenismaand en in Stellenbosch word die maand op verskeie maniere benut. Seker die belangrikste is e’Bosch se beklemtoning van verskeie erfenis-aspekte in Stellenbosch en sy “dorpies”. Idasvallei is een van hierdie “dorpies” en beslis die oudste.

Read More

Ou Landbousaal herleef

Een van die vergete, en amper verlate, historiese geboue in Stellenbosch is skielik herontdek en het selfs in hierdie moeilike tye weer lewe gekry. Wat meer is, die beloftes om betrokke te wees by die herontwikkeling van toerisme na Stellenbosch is ‘n wesenlike mootlikheid.

Read More

Oom Samie se Winkel – nog altyd dieselfde

Die buitengewone omstandighede wat ons lewens deesdae dikteer, het ‘n ou gebruik laat herlewe – die tuisaflewering van kruideniersware, negosieware, selfs voorbereide voedsel! Min mense is egter bewus daarvan dat dit ‘n gebruik is wat kort ná 1904 reeds in Stellenbosch begin is. In daardie jaar koop Samuel Johannes Volsteedt ‘n winkel in Dorpstraat vir eenduisend pond, en word die eerste winkeleienaar in Stellenbosch wat goedere vervoer na klante se huise. ’n Driewielfiets moes hierdie taak verrig.

Read More

Dorpstraat – slagaar van Stellenbosch

Dorpstraat was egter die vernaamste toegang tot en van Stellenbosch se historiese kern en het ‘n belangrike rol gespeel in die dorp se ekonomiese, historiese en argitektoniese ontwikkeling.Van die Kaapse kant het die verkeer oor die Steenebrug — ja, daar was ook ‘n Plankenbrug— ingekom, en van onder op beweeg tot by die noordelike vloei van die Eersterivier wat die eiland rondom die Drostdy gevorm het.

Read More

Five Bob en Boetebessie eie aan Stellenbosch

’n Gebore Stellenbosser wat na Israel geëmigreer het, het op ’n besoek aan Stellenbosch, ten tye van ’n Paul Roos-reünie, gesê: “Israel is die ‘Beloofde land’, maar Stellenbosch is die paradys.”
Oor die jare heen is daar net één slang in hierdie paradys: die verkeers- en parkeerprobleem. Die aantal briewe en menings wat oor die jare heen oor hierdie onderwerp in plaasliek media verskyn het, is bykans ontelbaar. Stellenbossers se irritasie met die verkeer en alles wat daarmee gepaard gaan, kom van baie ver af.

Read More

Die vroeë jare van Stellenbosch

Oor die natuurskoon van Stellenbosch is daar mos nie twyfel nie. Met sy fynbos en sy proteas, met oliene en hardepeer en wilde perske en rooi els in die rivierloop, met Stellenboschberg en Botmaskop en Simonsberg wat oor ons troon, kan daar nie vir beter gevra word nie.
Stel jou dus voor hoe beïndruk Simon van der Stel moes wees die oggend van 8 November 1679 toe hy wakker word op “een klein eilantje rontsom met versch water omstroom” en hoe gemotiveerd hy was om meer landbougrond vir die VOC te ontwikkel.

Read More
Loading

Stellenbosch

Advertensie – Advertisement

Weer - Weather

2020-11-28, 3:00 AM
Clear
Clear
18°C
real feel: 14°C
wind speed: 11 m/s S
Forecast 2020-11-28
day
Mostly sunny
Mostly sunny
23°C
wind speed: 8 m/s SSE
Forecast 2020-11-29
day
Sunny
Sunny
23°C
wind speed: 7 m/s S
Forecast 2020-11-30
day
Partly sunny
Partly sunny
22°C
wind speed: 5 m/s S
 

Other News

Loading RSS Feed